Brandwaterkom

ebook

By Alexander Strachan

cover image of Brandwaterkom

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Bekroon met die derde prys in NB-Uitgewers se Groot Romanwedstryd. Esther van Emmenes het nie die bakkie hoor stilhou nie. Sy loop heeltemal ingedagte tussen die ou grafstene in die Fouriesburgse begraafplaas rond. Soekend. Sy is dikwels in die begraafplaas. Dit is waarom sy op dié Vrystaatse dorpie kom woon het, om naby die bronne vir haar navorsing te wees. Veral naby die Brandwaterkom te wees, want dit is waar kommandant Fanie Vilonel in die Anglo-Boereoorlog die oorgawe van meer as vierduisend Boerekrygers bemiddel het. Dis na sý spore dat sy soek, Vilonel s'n. Dan hoor Esther die bakkiedeur klap; sy kyk verskrik om. Deur die hek van die begraafplaas kom 'n man aangeloop. 'n Onbekende man. Hy sê hy wil haar iets wys wat vir haar navorsing baie sal beteken . . . Alexander Strachan se Brandwaterkom is 'n dubbelloop-roman: 'n bloedstollende oorlogsverhaal én 'n diepsnydende ondersoek na die verraderlike manier waarop verhale met ons op loop gaan. Met verbluffende vernuf trek Strachan albei snellers gelyk.
Brandwaterkom