Sign up to save your library
With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.
Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.
Search for a digital library with this title
Title found at these libraries:
Loading... |
Wat sal jy doen as jy alleen in die woestyn gelos word? Sal jy op een plek bly in die hoop dat 'n soekgeselskap jou uiteindelik sal vind? Of sal jy op jou eie die pad uit probeer kry? Dis die twaalfjarige Leo Knight se dilemma toe hy per ongeluk in die Namib Woestyn agtergelaat word deur die studente wat saam met hom op 'n sterrekyk-ekspedisie is. Maar geen hulp daag op nie, net 'n rondloperhond, wat asof uit die niet verskyn. So begin 'n tog wat Leo se deursettingsvermoë tot die uiterste sal toets en waarvoor hy elke laaste greintjie fisieke en geestelike krag sal moet gebruik. Op hulle pad is daar meer gevaar as waarvan hy ooit kon droom, en hulle kanse op oorlewing lyk al hoe skraler . . .